Friday, May 4, 2012

Lesikografie

If you order your custom term paper from our custom writing service you will receive a perfectly written assignment on Lesikografie. What we need from you is to provide us with your detailed paper instructions for our experienced writers to follow all of your specific writing requirements. Specify your order details, state the exact number of pages required and our custom writing professionals will deliver the best quality Lesikografie paper right on time.

Out staff of freelance writers includes over 120 experts proficient in Lesikografie, therefore you can rest assured that your assignment will be handled by only top rated specialists. Order your Lesikografie paper at affordable prices with Live Paper Help!



INHOUD


· Inleiding


· Klassifikasie van woordeboek


· Bespreking aan die hand van voorbeelde


Do my essay on Lesikografie CHEAP !

essay writing service



· Samevatting en gevolgtrekking


· Bibliografie





INLEIDING


Samuel Johnson het gesê


“Knowledge is of two kinds we know a subject ourselves, or we know where we can find information on it.”


So is woordeboeke ‘n baie belangrike bron van taalkundige inligting vir enige gebruiker van enige taal. As onduidelikheid bestaan oor die betekenis of spelling van ‘n woord, die uitspraak daarvan of hoe om dit saam met ander woorde te gebruik, is die antwoord gewoonlik in ‘n goeie gepaste woordeboek. So gebeur dit ook wanneer inligting oor ‘n ander taal gesoek word. ‘n Vertalende woordeboek is in so ‘n geval die ideale instrument om te gebruik.


Vertalende woordeboeke speel ‘n baie belangrik rol in die globaliserende wêreld waarin ons vandag leef. Dit stel ons in staat om met mense van ander tale en kulture te kommunikeer op so ‘n manier dat ons verstaanbaar is en, meer nog, nie aanstoot gee nie.


KLASSIFIKASIE VAN WOORDEBOEK


Die gebruiker van ‘n vertalende woordeboek het spesifieke behoeftes waaraan voldoen moet word. Dit is immers ‘n intertalige en interkulturele instrument (Gouws, 00) wat poog om kommunikasiegapings, veroorsaak deur taal- en kulturele verskille, te oorbrug. Maar dan is die korrekte vertalende woordeboek ‘n vereiste. Daarom is dit van kardinale belang om die verskille tussen hierdie woordeboeke te verstaan om sodoende die regte keuse en optimale gebruik van woordeboeke te verseker.


Vir die doeleindes van hierdie werkstuk word LC Eksteen (17) se Groot Woordeboek / Major Dictionary gebruik.


Kenmerke van ‘n standaard vertalende woordeboek sluit die volgende in


· Dit fokus op ekwivalentverhoudings tussen die bron- en doeltaal, byvoorbeeld in die geval van paronieme wat onderworpe aan konteks of koteks is.


· Dit kan ‘n eenrigting- of tweerigtingwoordeboek wees.


· Dit kan mono-, bi- of multifunksioneel wees. Die woordeboek kan dus gerig wees op teksbegrip, teksresepsie, of teksproduksie, en dan daarvolgens aangepas word.


· Dit is gebaseer op ‘n verteenwoordigende korpus van al die behandelde tale.


(Gouws, 00)


Eksteen se woordeboek toon sommige van hierdie kenmerke. Dit poog om ekwivalentverhoudings en paronieme te verduidelik en sodoende foutiewe gebruik daarvan te voorkom. Dit is ‘n tweerigtingwoordeboek, want dit huisves ‘n verteenwoordigende korpus van Afrikaans, sowel as Engels. Dit is ook multifunksioneel.


Die Groot Woordeboek / Major Dictionary toon egter ook kenmerke van ‘n handwoordeboek, wat die volgende behels


· Dit bevat ‘n lae datadigtheid.


· Die fokus is op betekenisverklaring


· Daar is min ko- of konteksinskrywings.


· Die artikels is ook relatief kort.


(Gouws, 00)


Die Groot Woordeboek / Major Dictionary het ‘n lae datadigtheid, want daar is heelwat minder inligtingstipes wat gehandel word. Dit fokus egter nie soseer op betekenisverklaring as die aanbieding van vertalingsekwivalente nie. Daar is ook net ‘n kort bondige beskrywing van elke lemma, met min ko- en konteksbeskrywings.


Dus is my teorie dat die Groot Woordeboek / Major Dictionary ‘n vertalende handwoordeboek is.


BESPREKING AAN DIE HAND VAN VOORBEELDE


In die eerste plek probeer die Groot Woordeboek / Major Dictionary om die verskillende ekwivalentsverhoudings en paronieme duidelik te maak vir die deursnee gebruiker. Prof. RH Gouws sê in sy boek, Leksikografie, die volgende oor hierdie aspek


“In ‘n vertalende woordeboek verteenwoordig die doeltaalvorm nie die betekenis van die brontaalvorm sonder meer nie, maar dit bied slegs ‘n vertaalekwivalent wat binne bepaalde, gespesifiseerde kontekste as vertaling van die brontaalvorm kan op tree.” (18 66)


”Vertaalekwivalent mag nie sonder meer aan betekenis gelykgestel word nie. […] ‘n [V]ertaalekwivalent [verteenwoordig] ‘n konteksafhanklike vertaling van ‘n bepaalde optrede van ‘n ander leksikale item” (18 66-67)


‘n Voorbeeld van hierdie verskynsel kan gevind word in die onderstaande artikel.


Nie net word ‘n geskikte vertaalekwivalent van “belowe” aangebied nie, maar boonop word daar duidelik uiteengesit hoe “belowe” verkieslik gebruik moet word, en alternatiewe vir “(Ek) belowe” word ook aangebied. Dit probeer die gebruiker ondersteun in die proses om die taal te begryp.


Tweedens kan gesê word dat hierdie woordeboek ‘n tweerigtingwoordeboek


is. Dit help beide Afrikaans- en Engelstaliges met vertaling, of die vervanging


van ‘n spesifieke woord met ‘n geskikte een in die ander taal.


Daar kan egter gesê word dat die vertalingsmoontlikhede nie altyd ewe volop en breedvoerig is nie, soos in die geval met “definisie”. Vir die Afrikaanse vertaling word daar ‘n hele paar moontlikhede in verskillende kontekste genoem waarmee “definition” vervang kan word. Vir die Engelse vertaling word slegs die mees ooglopende vertaling vir “definisie”, naamlik “definition”, gegee. ‘n Sinoniemwoordeboek, of ‘n ander soortgelyke instrument, moet dan gebruik word om ‘n meer geskikte woord te kry indien dit verlang word. In hierdie geval is di� woordeboek nie baie gebruikervriendelik nie.


Dit bevat, in die derde plek, ook ‘n relatiewe verteenwoordigende korpus van beide tale. Dit is belangrik om die gebruiker te help om by te bly met nuwe woorde wat gebruik word in ‘n taal, eerder as om te fokus op die ou, uitgestorwe lemmas wat niemand meer gebruik nie. Woorde se betekenisse en die manier waarop hulle gebruik word, verander oor tyd. In die onderstaande voorbeeld kan gesien word hoe die algemene gebruik van ‘n woord deesdae daarna uitsien.


Ander voorbeelde van nuwe woorde wat in ons samelewing sirkuleer, sluit in


Laasgenoemde word normaalweg gesien as ‘n Afrikaanse woord. Dit is dus ook ‘n voorbeeld van die interkulturele funksie van vertalende woordeboeke. Dit dra by tot die oorbrugging van kulturele verskille.


Vierdens is hierdie woordeboek multifunksioneel. In die gegewe voorbeelde word onder andere taalkundige korrektheid aangedui. In die eerste geval word daar gesê dat “had” ‘n verouderde en ongewone vorm is, maar steeds in po�sie en prosa voorkom.


In die tweede voorbeeld word daar ook gewys dat die gebruik van “beslegtiging” nie wenslik is nie.


In beide hierdie gevalle word gekonsentreer op teksproduksie.


Verder sluit voorbeelde van multifunksionaliteit, waar gefokus word op teksbegrip, die volgende in


In hierdie artikels word onder andere uitdrukkings, benamings en ‘n idioom verduidelik. Die konteks van die woord en sy koteks word aangedui.


Laastens, ten opsigte van multifunksionaliteit, verskaf hierdie woordeboek inskrywings wat die gebruiker help met teksresepsie, soos in die volgende gevalle


Al hierdie inskrywings poog om sekere spellings of betekenisse aan die gebruiker te verduidelik, wat teksresepsie vergemaklik


In die vyfde plek het hierdie woordeboek ‘n lae datadigtheid.


Daar word aangedui waar die klem in die lemma val, wat die meervoudsvorm is, en dat dit ‘n informele woord is, maar nie dat dit as ‘n neerhalende term gesien kan word nie, wat as baie belangrike inligting beskou kan word as ‘n mens in ag neem dat iemand mag aanstoot neem as hierdie woord voor hom of haar gebruik word.


Bogenoemde voorbeeld noem byvoorbeeld nie dat die “�man” na ‘n vroulike lid van die Islam kan verwys nie. Verder word daar ook nie eksplisiet aangedui dat ‘n “Moeselman” tot die Islam behoort nie, wat nie voor die hand liggend vir alle gebruikers van ‘n taal mag wees nie.





Die inskrywings is redelik kort en bondig. Daar is geen uitbreidings oor wat die etimologie van ‘n woord is, presies hoe dit uitgespreek word (afgesien van die aanduiding waar die klem val), of baie voorbeeldsinne nie.


Net die nodigste inligting word gegee sonder uitgebreide verduidelikings.


Min ko- en konteksinskrywings word gegee. Dit is meestal net die ongewone, onbekende en verwarrende woorde wat verduidelik word aan die hand van voorbeeldsinne.


In die eerste geval is ‘n koteksinskrywing nodig, omdat dit ‘n ongewone woord is, soos aangedui. Daar word ook nie ‘n vertalingsekwivalent vir “lomp” as ‘n werkwoord gegee nie, so dit moet deur middel van ‘n voorbeeldsin verklaar word. In die onderstaande voorbeeld word aangedui hoe “terugdeins” se Engelse ekwivalent, soos dit in voetbal gebruik word, lyk.


Die eerste inskrywing van hierdie artikel gee inligting aangaande die konteks waarin daardie “skot” gebruik kan word, asook koteksinskrywings. Vir die tweede inskrywing, wat ‘n algemeen bekende betekenis het, word slegs vertalingsekwivalente gegee.


SAMEVATTING EN GEVOLGTREKKING


Dit is dan hiermee dat die gevolgtrekking gemaak word dat Eksteen se Groot Woordeboek / Major Dictionary inderdaad as ‘n vertalende handwoordeboek beskou kan word. Hierdie woordboek besit eienskappe van beide die handwoordeboek en die standaard vertalende woordeboek. Dit is gefokus op ekwivalentverhoudings, multi-funksioneel en verteenwoordigend van al die behandelde tale se korpus. Verder het dit ook ‘n lae datadigtheid en min ko- en konteksinskrywings, asook relatiewe kort artikels.


Vertalende woordeboeke is nie net ‘n manier om ‘n geskikte vertaalekwivalent vir ‘n lemma te kry nie, maar dit is ook ‘n bron van inligting ten opsigte van verskillende kulture en hulle gewoontes, sodat ons mekaar beter kan verstaan.


BIBLIOGRAFIE


Eksteen, LC. 17. Die Groot Woordboek / Major Dictionary. Veertiende uitgawe. Kaapstad Pharos.


Gouws, RH. 18. Leksikografie. Eerste uitgawe. Kaapstad Academica.


Gouws, RH. 00. Klasnotas. Ongepubliseer.


Please note that this sample paper on Lesikografie is for your review only. In order to eliminate any of the plagiarism issues, it is highly recommended that you do not use it for you own writing purposes. In case you experience difficulties with writing a well structured and accurately composed paper on Lesikografie, we are here to assist you. Your cheap custom college paper on Lesikografie will be written from scratch, so you do not have to worry about its originality.

Order your authentic assignment from Live Paper Help and you will be amazed at how easy it is to complete a quality custom paper within the shortest time possible!